| |
 |
Meer oor ons
ICSC is in 2000 deur die HUB en strategiese kommunikasiespesialis,
Ilse Cilliers, gestig. Ilse het haar meestersgraad in joernalistiek
aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Haar tesis het oor die
rol van lynbestuur in doeltreffende kommunikasie gehandel. Voor,
gedurende en na haar studiejare het sy waardevolle ondervinding
opgedoen oor wat organisasies suksesvol maak en die kritieke rol
wat kommunikasie in hierdie proses speel. Met die voltooiing van
verskeie suksesvolle kommunikasieprojekte vir 'n paar van die grootste
organisasies in Suid-Afrika het Ilse 'n gaping in die mark raakgesien
en die kans aangegryp om daardie gaping met haar kennis, geesdrif
en harde werk te vul.
ICSC bestaan vandag uit 'n toegewyde span permanente en kontrakpersoneel
wat sal verseker dat jou projek van die begin tot einde glad verloop.
Gegrond op haar maatskappy se kreatiwiteit, gesonde finansiële
status, werkskepping, aansien in die mark en unieke eenstopdiens
het Ilse in 2006 met die louere weggestap in SakeBurger en Ou Mutual
se kompetisie vir die Entrepreneur van die Jaar. ICSC het ook lof
ontvang vir die verskaffing van uitstekende kommunikasiehulpbronne
aan korporatiewe en klein tot medium ondernemings, asook 'n
volledige eenstopdiens vir klein ondernemings.
|
 |