english

Ons benadering

Jou besigheid is ons besigheid

Omdat ons self 'n sake-onderneming is, verstaan ons die belangrikheid van doeltreffende kommunikasie. Ons onderneem dus om tydige, akkurate en bruikbare kommunikasie-oplossings te bied wat waarde tot jou onderneming sal voeg en die aktiwiteite vaartbelyn sal maak. Die geheim lê daarin dat ons seker maak dat ons verstaan waaroor jou onderneming gaan; dat ons jou onderneming en sy doelwitte begryp. En dan maak ons werk daarvan dat ander jou onderneming ook so goed soos ons verstaan.

Ons besef ook tyd is geld en streef dus daarna om vir jou 'n strategie vir 'n kostedoeltreffende, voortgesette kommunikasie-oplossing te ontwikkel. En ons tweerigting-vennootskapsbenadering vir die bestuur van jou projek beklemtoon die belangrikheid daarvan om jou, ons kliënt, te alle tye te betrek terwyl jy steeds op jou onderneming se daaglikse bedryf kan konsentreer.

Basiese benadering

Ons benadering is eenvoudig: ons weet, en wil hê almal moet weet, dat daar veel meer in kommunikasie steek as blote kantoormemo's en e-posse. Besprekings, uitruil van inligting, betrokkenheid en erkenning is sleutelelemente om gemeenskaplike doelwitte te verstaan, veral as dit 'n groot onderneming is. En ons benadering sal verseker dat jy deur doeltreffende kommunikasie op alle vlakke nader aan jou doelwitte sal beweeg.

Ons benadering behels projekbestuur en 'n buigsame en vernuwende entrepreneursbenadering tot besigheid. Ons onderskat ook nie die menslike faktor in besigheid nie en weet dat gesonde verstand en blote luister en waarneming baie kan vermag. Dit stel ons in staat om die beste mense vir die werk te gebruik en hul vordering in elke stadium noukeurig te monitor. Die feit dat ICSC se HUB, Ilse Cilliers, altyd nou betrokke is by alle projekte verseker dat elke projek volgens jou presiese vereistes en tot jou bevrediging afgehandel word.

Ons kom die bepalings van 'n streng etiese kode na en waarborg altyd die vertroulikheid van enige inligting wat ons ontvang. Ons sal die wyse waarop jy jou sake wil doen, altyd met die grootste eerbied, vertroulikheid en sensitiwiteit bejeën.

 

Tel: +27 21 976 1918 Faks: +27 21 975 1715 Posbus 817, Durbanville, 7551 Kopiereg © 2007 ICSC, Alle regte voorbehou